Guestbook

Rina Nieuwoudt

Namens Madi en ons huisgesin dra ek my dank en waardering oor aan julle en al die rolspelers wat op een of ander manier bygedra het tot die eindproduk. Madi en Nikki se groot saterdag is danksy julle almal in ‘n wonderlike onthougeleentheid omskep. Alles, letterlik alles wat uit die boonste rakke en van die beste gehalte. Die lieflike tuin, ete, blomme, troukoek (wens ek het ingepak vir later se nog-eet, of die resep in die hande probeer kry!) het my verwagtinge – veral as julle redelike pryse in ag geneem word – oortref. Elkeen van die gaste met wie ek gekuier het, het dieselfde waardering uitgespreek. Die bottel sjampanje vir die tweetjies se eerste herdenking is net so ‘n spesiale gebaar en ek is seker dat Madi en Nikki op 26 Februarie 2012 met groot waardering gaan terugdink aan die groot dag en aan die mense van Casa Mia wat dit moontlik gemaak het.  

Julle mag maar (en moet asseblief tog aanhou met) funksies reël! Weer baie, baie dankie.   

Yolandi Hugo

Ek wil ‘n tydjie vat om namens my en George vir jou en jou professionele personeel BAIE dankie te sê vir jou hulp en bystand die volle jaar wat ons die troue beplan het.  Ek was baie onseker oor al die reelings vir die troue en jy het my stap vir stap gelei en altyd enige vrae wat ek gehad het spoedig beantwoord.  Ons troue sou nie so sukses gewees het sonder Casa Mia nie.  Julle eindelose vriendelikheid sal altyd onthou word. 

My gaste het heerlik gekuier en geeet en het vir my vertel hoe pragtig die tuin troue was en dat hulle dit waardeer het dat jy deur die aand by die tafels kom stop het om uit te vind of alles reg is.  Dit was uitstekend. 

Die bruids kamer was pragtig en ons het dit baie geniet.  Jy het my so mooi gehelp met die program en hoe en wanneer om uit te stap want ek het baie gestres daaroor maar dit was glad nie eers nodig omdat jy my gelei het nie.

Baie dankie weereens dat julle ons dag so perfek as moontlik gemaak het, ek sal dit nooit vergeet nie.  Dit is baie belangrik dat die begin van die huwelik goed gevier word en jy het dit vergemaklik en moontlik gemaak!  Ek weet elke bruid wat Casa Mia kies sal ‘n goeie en pragtige ondervinding hê soos ek.

Cecile Keet

Ek wens ek kon 'n artikel vir Beeld skryf om te vertel hoe lekker julle kos, pragtig die kapel en stylvol die onthaalsaal was!  Die feit dat julle heeltyd daar was en alles in beheer was, was vir my so gerusstellend en kon ek ontspan.  Dit was 'n heerlike troue!   Al ons vriende en familie het ook net lof uitgespreek oor die lekker kos en mooi venue. Baie, baie dankie, ek sal julle waar ek gaan aanbeveel!

Andries van Zyl

Presies ‘n week gelede toe ek die onderste e-pos van jou ontvang het, het ek nooit kon dink wat ‘n fantastiese naweek vir ons by Casa Mia wag nie. Ekself was so oorbluf en meegevoer deur die gulhartige ontvangs asook die uitnemendheid waarmee alles gedoen is, dat ek nou eers genoegsaam tot verhaal kom om ‘n sinvolle woord van dank en waardering aan almal by Casa Mia te rig.

Genoeg woorde ontbreek om julle te bedank vir ‘n onvergeetlike naweek. Daarom volstaan ek met “Absoluut Fantaties”. ‘n Droomnaweek wat oneindige genot, en ‘n oorvloed geluk aan die  Van Zyl-familie en vriendekring verskaf het. So ook aan ons lieflingseun, Nikki, en ons nuwe dogter, Madi.  Ek wil graag glo dieselfde geld vir Madi se ouers, familie en vriende. Ons was bevoorreg om so ‘n wonderlike geleentheid in so ‘n wonderlike atmosfeer te kon beleef. Dus, ons opregte dank vir al die ondersteuning, en les bes die gehalte behandeling wat ons ontvang het.

Ons beste wense aan jouself, Ernst, en almal by Casa Mia. Julle het saam gesorg vir ‘n gelukvolle naeweek wat ons in ons gedagtes sal bly vertroetel.

Sakkie en Gertruida

Ek wil net graag baie baie dankie se vir  die  goed georganiseerde wyse waarop julle die Troue so glad laat verloop het. Julle het ons baie spesiaal laat voel en die suite waar aangetrek het is baie mooi. Ons het baie komplimente gekry,  die kos wat uitstekend en heerlik was, en die venue wat so mooi is. Dankie dat julle gehelp het om Amorie en Andre se groot dag ‘n sukses  te maak. Dit was nie nodig dat ek as ma van die bruid, oor enig iets stres nie, jy het dit so maklik gemaak. Die kos was werklik baie baie lekker, ag als wat net great. BAIE BAIE DANKIE !! julle is tops.