Guestbook

Ben en Heila Crous

Ek en Ben wil net graag weereens bedank vir die pragtige troue wat Sonet & Willem daar by Casa Mia gehad het verlede Saterdag. Ons het soveel komplimente van gaste ontvang dat ek dit ook aan julle wil oordra. Alles het so glad verloop danksy julle goeie reelings en koordinering. Die seremonie buite in die tuin was vir baie van ons familie n eerste keer om dit so te beleef en hoeveel het vir my kom se dat dit sprokiesmooi was.

Die kos was heerlik, net jammer ek het nie vir n tweede skeppie gegaan nie. Ek sou graag wou weet hoe jy die patats maak, want ek sou dit vir nagereg bedien, so lekker is dit! Maar dit is seker n geheimpie. Dra ook ons dank oor aan jou mammie, Patricia. Die blomme was pragtig gedoen – ons kon nie vir mooier gevra het nie.

Die troue was vir ons so lekker dat ek amper vandag wens dat dit verlede Vrydag kon wees. Al knaag die senuwees mos maar voor so geleenheid, weet ek nou dat dit sommer alles pure verniet was met julle aan stuur van sake.

Ernest, baie dankie vir jou ekstra gasvryheid teenoor die “kannie-doders” wat Saterdagaand tot laat gekuier het. Dankie ook aan al die kelners en personeel wat ook hul beskeie deel gedoen het. Ons sal hierdie geleentheid altyd koester as baie spesiaal en vir enige iemand wat my vra, julle altyd aanbeveel. Mag dit net goed gaan met nog vele sulke suksesvolle funksies.

Louis en Lezindie

Baie dankie vir alles wat jul vir ons op ons troudag gedoen het! Jul vriendelike gasvryheid en harde werk word opreg wardeer. Julle het defnitief daartoe bygedra om ons troudag ekstra spesiaal te maak! Baie sterkte vir die nuwe jaar. Mag 2006 net mooi dinge inhou! God seen julle.

Mariëtte Janse Van Rensburg

Gun my die geleentheid om jul te komplimenteer oor die puik troue van Saterdag 02 Julie 2005. Ek kon sien persoonlike aandag was definatief die leuse van die dag. Alles was georganiseerd, en puik. As ek iets benodig het is dit dadelik gebring. En die manier waarop jul jul personeel behandel is ook absoluut van die boonste rakke af. Ek was nou al by baie troues, en self my eie troue waar ons persoonlike aandag gewaarborg was (by ‘n ander venue) was nie eens ‘n ¼ van wat ek Saterdag beleef het nie.

Jul kos is ook absoluut puik, veral die spinasie.

WAJ Joubert

Baie dankie nogmaals vir n suksesvolle dag met Karen & West se troue. Alles was puik, die reelings, fasiliteite en kos.

Dit het alles bygedra tot die sukses van hul groot dag. Al die gaste het net lof gehad vir die professionele wyse waarop alles gedoen is.

Nico en Magda

Somtyds, so met die verloop van ‘n mens se lewe, ervaar jy geweldige ondervindinge en sien jy soms tonele wat jy wens jy op ‘n manier kon vaslê om kort kort op te diep en dit weer te kan ervaar.

Ek is een van die bevoorregte mense wat die afgelope twee weke alles met een slag ervaar het. Ek het twee pragtige mense ontmoet wat ‘n mens inspireer om ‘n beter mens te wees, want soos wat ek julle van dag een af ontmoet het, so was julle elke keer as ek julle weer gesien het. Altyd gereed met ‘n smile, en niks was te veel gevra. Baie baie dankie vir julle vriendelikheid, hulpvaardigheid en hope geduldigheid. Julle profesionele benadering en beplanning van Will & Sue se troue was uitstekend. Julle kan rerig aanspraak maak en sê : ‘”ons het ‘n verskil gemaak in hulle dag”! Die tuintroue het al my verwagtinge oortref, en vir een keer in 27 jaar het ek my skoonma se guns gewen, julle akkomodasie het my gered!

Die venue is spectacular, die kos uit die boonste rake, daar was werklik niks wat verkeerd gegaan het nie. Danksy julle!!!

Aan julle personeel wil ek ook ‘n spesiale dankie oordra, hulle was ten alle tye netjies (hulle skoene blink die hele tyd, en hulle loop die wêreld vol, ek kon nie glo hulle hou dit so blink nie)! Vriendelik en baie behulpsaam, ek het nog net gemik om iets uit te haal, dan het dit al op die stoep gestaan. Voorwaar ‘n spannetjie waarop julle trots kan wees.

Ek het nie woorde om vir julle te beskryf hoe ek die hele dag ervaar het nie, miskien net een sinnetjie sal dit verduidelik : Casa Mia is nie ‘n Country Estate nie, dit is ‘n “home”!