Home Page
Guest House Accommodation
Weddings and Functions Chapel & Garden Ceremonies
Bridal Suite
Conferences & Activities
Menus
Photo Gallery

Map


GPS co-ordinates:
25° 41' 1.2" S
28° 27' 29.6
" E

 
 
We specialise in a one-stop service for weddings,
conferences and functions
   
 
   
 

From: Chantel de Paiva [Chantel@grieselnel.co.za]
Sent: 08 May 2009 09:39 AM
To: patsy
Subject: To Patricia

Importance: High

Good morning Patricia

Thank you so much for everything you did for us for our wedding. You made us feel so special every step of the way. Everything was so organized and happened on time. We appreciated the special treatment that was given to me (the bride) and the bridal party while we were getting ready. I must complement you on the décor and the flowers at the ceremony and in the reception hall, all my guest had just the best of praise for you on how well you managed to get the dragons and butterflies to fit together so well. The food was also one for the record books, my guest also had a lot of praise for the food, they said that it was divine. Over all the venue was true to a fairytale. You and your staff really made it a memorable event.

Regards

Chantel and Hansie du Plessis

Wedding: 24 April 2009

 




 


From: Lynette Cowley (MJP) [COWLEYMJ@telkom.co.za]
Sent: 12 June 2007 02:51 PM
To: info@casamiaestate.com
Cc: Lynette.cowley@telkomsa.net
Subject: Prozesky troue

Hi Patricia,

Namens ons hele familie wil ek net weer vir julle baie dankie sê vir alles wat julle gedoen het om van Traugott en Hermarie se troue op Saterdag 9 Junie 2007 'n sukses te maak.

Die professionele wyse waarop julle ons van die eerste dag af hanteer het, die moeite wat julle almal gedoen het, die blommeprag in die kerk, die lekkerste eetmaal, die saal wat so mooi opgemaak is, die vriendelik wyse waarop ons versoeke hanteer is, die musiek, ALLES was net fantasties. Ook die kamers waarin ons oorgeslaap het, die elektriese komberse op die beddens, die verwarmers in die kamers, die heerlike ontbyt die volgende oggend - alles dra by tot herinneringe wat ons die res van ons lewens sal onthou.

Dit was vir ons 'n besondere dag en julle het dit vir ons moontlik gemaak.

Ons sal julle enige tyd vir enige troue aanbeveel, al is dit die koning van Engeland wat wil trou.
Ons gebed is dat die Hemelse Vader julle ryklik sal seën en voorspoedig maak en dat julle intense vreugde en bevrediging sal vind vir die goeie werk wat julle doen.

Alle groete en liefde,
Steven en Lynette Cowley

 
 
Liewe Patricia & Ernest,

Somtyds, so met die verloop van ‘n mens se lewe, ervaar jy geweldige ondervindinge en sien jy soms tonele wat jy wens jy op ‘n manier kon vaslê om kort kort op te diep en dit weer te kan ervaar.

Ek is een van die bevoorregte mense wat die afgelope twee weke alles met een slag ervaar het. Ek het twee pragtige mense ontmoet wat ‘n mens inspireer om ‘n beter mens te wees, want soos wat ek julle van dag een af ontmoet het, so was julle elke keer as ek julle weer gesien het. Altyd gereed met ‘n smile, en niks was te veel gevra. Baie baie dankie vir julle vriendelikheid, hulpvaardigheid en hope geduldigheid. Julle profesionele benadering en beplanning van Will & Sue se troue was uitstekend. Julle kan rerig aanspraak maak en sê : ‘”ons het ‘n verskil gemaak in hulle dag”! Die tuintroue het al my verwagtinge oortref, en vir een keer in 27 jaar het ek my skoonma se guns gewen, julle akkomodasie het my gered!

Die venue is spectacular, die kos uit die boonste rake, daar was werklik niks wat verkeerd gegaan het nie. Danksy julle!!!

Aan julle personeel wil ek ook ‘n spesiale dankie oordra, hulle was ten alle tye netjies (hulle skoene blink die hele tyd, en hulle loop die wêreld vol, ek kon nie glo hulle hou dit so blink nie)! Vriendelik en baie behulpsaam, ek het nog net gemik om iets uit te haal, dan het dit al op die stoep gestaan. Voorwaar ‘n spannetjie waarop julle trots kan wees.

Ek het nie woorde om vir julle te beskryf hoe ek die hele dag ervaar het nie, miskien net een sinnetjie sal dit verduidelik : Casa Mia is nie ‘n Country Estate nie, dit is ‘n “home”!

Baie dankie

Nico en Magda
13 Maart 2007

 
 

Goeiedag Patricia,

Baie dankie nogmaals vir n suksesvolle dag met Karen & West se troue. Alles was puik, die reelings, fasiliteite en kos.

Dit het alles bygedra tot die sukses van hul groot dag. Al die gaste het net lof gehad vir die professionele wyse waarop alles gedoen is.

Vriendelike Groete,
WAJ Joubert
0824691179
willemj@resomed.co.za
5 Junie 2005

 
 

Goeiedag,
Gun my die geleentheid om jul te komplimenteer oor die puik troue van Saterdag 02 Julie 2005.
Ek kon sien persoonlike aandag was definatief die leuse van die dag.
Alles was georganiseerd, en puik.
As ek iets benodig het is dit dadelik gebring.
En die manier waarop jul jul personeel behandel is ook absoluut van die boonste rakke af.
Ek was nou al by baie troues, en self my eie troue waar ons persoonlike aandag gewaarborg was (by ‘n ander venue) was nie eens ‘n ¼ van wat ek Saterdag beleef het nie.

Jul kos is ook absoluut puik, veral die spinasie.

Groete,
Mariette
Memories Forever
(brendon en leonora se fotograaf)
Kind Regards/Groete,
Mariëtte Janse Van Rensburg

 
 
Casa Mia
Patricia & Ernest,

Baie dankie vir alles wat jul vir ons op ons troudag gedoen het! Jul vriendelike gasvryheid en harde werk word opreg wardeer. Julle het defnitief daartoe bygedra om ons troudag ekstra spesiaal te maak! Baie sterkte vir die nuwe jaar. Mag 2006 net mooi dinge inhou! God seen julle.

Baie Liefde,
Louis en Lezindie
Desember 2005

 
 

Beste Patricia & Ernerst,

Ek en Ben wil net graag weereens bedank vir die pragtige troue wat Sonet & Willem daar by Casa Mia gehad het verlede Saterdag. Ons het soveel komplimente van gaste ontvang dat ek dit ook aan julle wil oordra.

Alles het so glad verloop danksy julle goeie reelings en koordinering. Die seremonie buite in die tuin was vir baie van ons familie n eerste keer om dit so te beleef en hoeveel het vir my kom se dat dit sprokiesmooi was.

Die kos was heerlik, net jammer ek het nie vir n tweede skeppie gegaan nie. Ek sou graag wou weet hoe jy die patats maak, want ek sou dit vir nagereg bedien, so lekker is dit! Maar dit is seker n geheimpie.

Dra ook ons dank oor aan jou mammie, Patricia. Die blomme was pragtig gedoen – ons kon nie vir mooier gevra het nie.

Die troue was vir ons so lekker dat ek amper vandag wens dat dit verlede Vrydag kon wees. Al knaag die senuwees mos maar voor so geleenheid, weet ek nou dat dit sommer alles pure verniet was met julle aan stuur van sake.

Ernest, baie dankie vir jou ekstra gasvryheid teenoor die “kannie-doders” wat Saterdagaand tot laat gekuier het. Dankie ook aan al die kelners en personeel wat ook hul beskeie deel gedoen het.

Ons sal hierdie geleentheid altyd koester as baie spesiaal en vir enige iemand wat my vra, julle altyd aanbeveel.

Mag dit net goed gaan met nog vele sulke suksesvolle funksies.

Baie groete,
Ben en Heila Crous
texprop@mweb.co.za
Januarie 2006

 

Copy right © Casa Mia Country Estate 2009
Web Site Designed & Maintained by Easyfind Web Studio
wolfwies@easyfind.co.za
www.cullinanmeander.co.za
E_MAIL